Die meeste van ons doen daagliks dieselfde dinge oor en oor.
Eet, slaap, werk, maak skoon….
En dan doen ons dit weer ‘n keer, en weer…
Dit voel asof die siklus eindeloos is.
Wat is die doel van dit alles?
Dit laat Prediker 1:9 sê:
“Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur.”

Die Here wil hê dat ons sin moet maak uit roetine.
Herhaling bevat ‘n belangrike aspek van die lewe.
God wil hê dat ons sy leiding moet volg,
en sy wil moet uitleef, ook in herhaling en roetine.

Die son kom elke dag op, en gaan elke dag onder.
Dit is elke dag ‘n geleentheid,
om die Here te dien, en saam met Hom sy koninkryk in stand te hou.
Saam met mense te wees en Hom te verteenwoordig.
Van die grootste geleenthede lê in die kleinste take of roetine opgesluit.
Ons kyk dit egter so maklik mis.

Deur alledaagse gebeure gee die Here vir ons geleenthede.
Deur die Here in die skynbaar betekenislose roetine raak te sien,
word die lewe vars en nuut.
Moenie maar net in die oggend opstaan nie.
Moenie dit sien as net nog ‘n dag van sleurwerk nie.
Gryp die dag!
Gryp die lewe!
Gaan leef doelbewus vir die Here!

Ernest