Woede is onvoldoende selfbeheersing.
Jy laat toe dat jou denke deur jou omstandighede beheer word,
in plaas van deur jouself.
Woede is soos ‘n vuisvoos bokser wat die naaste slaansak soek.
Weinig rasionele denke is ter sprake.
In woede word die uitdeler en die ontvanger gewoonlik verneder.
Woede vernietig verhoudings, toekomsdrome,
selfbeeld, menswaardigheid, en lewens.
Woede is ‘n menslike emosie en moet konstruktief hanteer word.

 

Maak bewustelik ‘n ontleding van die situasie.
Besluit bewustelik om God se wil daarin te doen.
Vervang die “ek is nou kwaad” boodskap met
“ek gaan nie toelaat dat dit my ontstel en beheer laat verloor nie.”
Beheer jou woede met ‘n wilsbesluit.
Besluit byvoorbeeld vooraf hoe jy in verkeer gaan optree,
en gee uitvoering daaraan, sodat jy nie ‘n slagoffer van padwoede raak nie.
Woede is ‘n emosie wat deur ‘n wilsbesluit beheer kan word.
Kry beheer daaroor deur doelbewus daaroor te besluit,
en uitvoering daaraan te gee as die situasie hom voordoen.

 

In Lukas 6:11 lees ons hoe Jesus se vyande “buite hulself van woede” was.
So beplan hulle om Hom dood te maak!
Galasiërs 5:19 en 20 sê woede is direk wat ons sondige geaardheid ons laat doen.
Kolossense 3:8 sê ons moet ontslae raak van woedebuie.

 

Iemand wat ‘n oomblik van woede kan inhou,
kan ‘n leeftyd se smart voorkom!

 

Ernest