Ons sê dit maklik: Vir God is alles moontlik.
Die probleem is dat ons nie onvoorwaardelik daaruit leef nie!
Ons beskou dikwels die grense van ons persoonlike visie
as die grense van die hele wêreld, en meer nog,
as die grense van moontlikhede by God!
So glo en leef ons nie werklik uit die onuitputlike
moontlikhede van wat God kan doen nie.
Ons dink dat wanneer ons eie moontlikhede uitgeput is,
daar geen moontlikhede meer bestaan nie.

Dit is presies wat met Sara in die Bybel gebeur het.
Sy is in haar hoë ouderdom ver verby haar jare van vrugbaarheid.
God gee die boodskap dat sy ‘n kind gaan kry!
Wat doen sy? Sy lag daaroor.
Sy verskraal God se moontlikhede tot wat sy dink in háár liggaam moontlik is,
in háár menslike verwysingsraamwerk.
Ons doen dit vandag nog.
Ons kleingelowigheid rysmier ons visie op wat God kan en wil doen.

Vra geloofsvriende om saam met jou na God se wil te soek.
Vra hulle om jou te help om perspektief op God se wil te kry.
Vra hulle om jou te help om te sien wat jy moet sien.
Die Heilige Gees werk ook deur medegelowiges om jou perspektief te gee.

Kyk met geloofsoë wat raaksien dat alles vir God moontlik is.
Antoine De Saint-Exupery het gesê:
“’n Hoop klippe hou op om net klippe te wees,
die oomblik wanneer iemand met ‘n katedraal in gedagte daarna kyk.”
Kyk met die geloof in God se moontlikhede na jou lewe en die wêreld.

Ernest