Charles Colson vertel van ‘n gefrustreerde psigiater wat uitroep:
“Ek kan ‘n persoon se malheid gesondmaak, maar nie sy sonde genees nie!
Slegs die Blye Boodskap kan slegte mense goed maak.”
Selfs Charles Darwin, wat baie tot die ewolusieleer bygedra het, het dit erken.
Hy skryf aan ‘n leraar in hulle dorp:
“Jou dienste het meer in ons dorp reggekry as wat ons in baie jare kon vermag.
Ons kon nog nooit ‘n dronkaard van sy drank wegkry nie,
maar deur jou dienste is daar nie meer ‘n dronkaard in ons dorp nie.”
Later het Darwin ‘n besoek aan Tierra del Fuego
aan die suidpunt van Suid-Amerika gebring.
Daar het hy die verskriklikste wreedhede gevind.
Toe hy later teruggekeer het na Tierra del Fuego,
nadat ‘n sendeling daar gewerk het,
was hy verbaas oor die verandering wat ingetree het.
Hy het erken dat die Evangelie mag het om menselewens te verander.
Hy was so geraak deur dit wat hy gesien het,
dat hy tot aan die einde van sy lewe geld aan die spesifieke sending gegee het!
Ons weet natuurlik dat dit God self is wat deur sy Woord mense verander!
Dit is God wat skep, en herskep!
1 Pet.2 leer dat Christus se offer aan die kruis
nie slegs die skuld op sonde betaal het nie,
maar ook die mag van die sonde gebreek het!
Paulus het, nadat hy lang lyste sondes opgenoem het,
aan die gelowiges in Korinthe in 1 Kor. 6:11 geskryf:
“En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sondes laat afwas.”
God het ons gevorm. God het ons geskep!
Die sonde het ons misvorm.
Christus het ons hervorm.
Christus het ons herskep.
Net God skep,
en herskep!
Ernest