Die Fiske Planetarium het fondse nodig gehad.
Die direkteur van die planetarium kom toe met ‘n slim plan.
Hy het brosjures laat druk en standplase op Mars te koop aangebied.
In die brosjures is geskryf:
“Die land op Mars is in die Olympus Mons Area geleë,
‘n reusagtige uitgewerkte vulkaan,
en meer as twee keer so hoog as Everest!
Dit het ‘n rooskleurige hemelruim,
uitgestrekte rotstuine, en twee mane!
Teen net een sesde van die aarde se aantrekkingskrag,
sal jou gholf baie verbeter en jou houe ses keer verder trek!”

Hierdie foefie was nogal verbasend suksesvol.
Mense dwarsoor die land het geld vir koopbriewe gestuur.
Hulle het ruimtevaartversekering uitgeneem,
en ook ‘n monster van rooi grond vanaf Mars ontvang.
Jy kan nie glo dat mense dit doen nie….

Baie beter as enige aanbod vir die aankoop van grond op Mars,
is God se belofte van hemelse plek wat die Here Self vir ons voorberei.
Hy doen dit vir almal wat hulle volle vertroue in Jesus Christus as hul Verlosser plaas.
Die Here sal self saam met sy kinders op die nuwe hemel en nuwe aarde woon.
Die blyplek kan nie met woorde beskryf word nie,
aangesien dit in die volle teenwoordigheid en heerlikheid by God is.
Hierdie is nie net ‘n foefie nie, maar die volle waarheid.
En tog is daar so baie mense wat dit nie aanvaar nie.
Al klink dit te goed vir woorde,
dit is die waarheid en toekomstige werklikheid.

Die hemel is ‘n plek voorberei vir mense,
wat spesiaal vir die plek voorberei is,
deur die Here.
Openbaring 21:7:
“Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry.”

Ernest