Thomas Bileny het in 1531 as ‘n martelaar gesterf.
Hy beskryf hoe hy tot bekering gekom het.
Hy kon nêrens vrede vind nie en het op ‘n dag van Jesus Christus gehoor.
Dit was die tyd toe die eerste Nuwe Testament deur Erasmus verskyn het.
Hy het dit gekoop, maar meer ter wille van die Latyn,
as ter wille van die Woord van God.
Toe hy dit begin lees het sy oë die woorde van 1 Tim. 1:15 gevang:
“Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word:
Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos.
Van hulle is ek die grootste.”
Hierdie woorde het Thomas Bileny se hele lewe omgekeer.

Dit is die besef dat jy jouself nie kan red nie.
Maar in plaas daarvan dat wanhoop jou oorval,
vind jy hoop in hierdie woorde, en redding!
Dit is regtig vir almal beskikbaar.
Jesus Christus vervang wanhoop met vertroue en blydskap.

Ernest