Ons is deel van God se oorwinningstog in hierdie wêreld!
Die Britse skrywer, Guy King, het op die platform van ‘n spoorwegstasie gestaan
toe ‘n sokkerspan daar aangekom het.
Die nuus van die uitslag van die wedstryd was nog nie bekend nie.
‘n Seuntjie het gevra wat die uitslag was,
en toe opgewonde oor die platform gehardloop en heeltyd geskree:
“Ons het gewen! Ons het gewen!”
Hy het homself met die span geïdentifiseer,
en hulle oorwinning was ook sy oorwinning!
Ons kan ook so deelneem aan die oorwinningstog van God oor die wêreld.
Die mag van die sonde en die dood is gebreek en die oorwinning is behaal.
Ons deel in die oorwinning deur die geloof,
want “in hierdie wêreld leef ons reeds deur die liefde net soos Jesus.” 1 Joh. 4:17.
Ons kan God dank want “Hy voer ons altyd saam in sy triomftog.” 2 Kor. 2:14.
Oorwinning moet die norm en kenmerk van ons lewe wees.
God sien elke gelowige “in Christus” aan.
Christus wat nou “in die hemel aan sy regterhand sit… hoog bo elke mag en gesag.”
Ef. 1:20-21.
Leef oorwinnend!
Ernest