Die rubriekskrywer, L.M. Boyd, skryf van ‘n brandarm werklose
man wat eendag in 1949 op die strand in San Francisco gestap het.
Die man, Jack Wurm, sien toe ‘n bottel uitspoel met ‘n nota daarin.
Op die nota staan die volgende:
“Om verwarring te voorkom,
laat ek my hele boedel aan die gelukkige persoon na,
wat hierdie bottel optel en die nota aan my prokureur, Barry Cohen, gee.
Deel dit met hom en deel dit gelykop.”
Die howe het hierdie dokument aanvaar as die laaste testament
van Daisy Singer Alexander, erfgenaam van die Singer-naaimasjien fortuin.
Sy het dit twaalf jaar tevore in die Teemsrivier in London gegooi.
Dit is deur strome en oseane meegevoer,
en het op die strand in Kalifornië beland!
Daar het dit Jack Wurm van armoede na rykdom gevoer!
Merkwaardige gebeure en verhaal.
Die Bybel praat van ‘n onverganklike erfenis,
wat vir ons in die hemel bewaar word. 1 Pet. 1:4.
En almal van ons wat ons geestelike armoede erken,
word erfgename van daardie rykdom,
deur Christus as Verlosser aan te neem.
Daisy Singer Alexander het haar rykdom in ‘n bottel geplaas.
Sy kon dit nie met haar saamneem nie.
Jack Wurm, wat dit geërf het, kon dit ook nie saamneem nie.
Maar dank die Here, ons is erfgename van ‘n wonderlike erfenis,
wat in hierdie lewe begin,
en eendag in die ewigheid volkome ondervind sal word.
En wat is ons waarborg daarvan?
Die Heilige Gees wat reeds in ons lewe!
“Die Heilige Gees is die waarborg,
dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het,
wanneer Hy almal wat aan Hom behoort,
volkome sal verlos!” Ef. 1:14.
Ernest