Mense kom altyd voor papiere, programme en produkte.
Die Here het altyd eerste mense gekies.
Die res het gevolg vanuit daardie beginsel.
As jou vriend sy been breek terwyl jy naby is,
gaan jy hom eers laat lê en ander take afhandel,
of gaan jy hom dadelik help?
Mense is altyd prioriteit.
Mense is belangriker as skedules en take.
Wanneer iemand jou onverwags nodig het,
skuif jou verwagtings van jou dag, sover as wat dit vir jou moontlik is.
Ons kan dikwels later weer take inhaal en op datum kom.
Wanneer jy besluit om die Here te volg,
vra jy altyd wat sy prioriteit vir jou in jou situasie is.
“Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter my aankom nie,
kan nie my dissipel wees nie. Wie van julle wat ‘n gebou wil oprig,
gaan nie eers sit en koste bereken, om te sien of hy genoeg
geld het om die werk te voltooi nie.” Luk. 14:27-28.
Om die Here te volg word ‘n totale lewenswyse.
Wanneer jy die besluit neem, bereken jy die gevolge daarvan,
en kom hierdie proses in alle omstandighede in plek.
Mense word vir jou belangriker as papiere,
programme en produksie.
Vra die Here om jou hierin te help,
en jou die onderskeidingsvermoë te gee hoe om dit te bestuur.
Jou gesindheid om mense onvoorwaardelik lief te hê,
sal jou al ver op hierdie pad help.
Ernest