Satan se heerskappy oor die mensdom het begin
toe hy Adam en Eva se verstand en denke teen God gedraai het.
Om dit te kon doen, moes hy ‘n leuen oor God vertel, en hulle moes hom glo.
In daardie krisisoomblik het hy vir hulle gelieg oor God se goedheid,
sy Woord, en sy planne, en hulle het hom geglo. Genesis 3:1-6.

Satan is steeds besig met al sy slim planne.
Jesus sê in Johannes 8:44:
“Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard,
want hy is ‘n leuenaar en die vader van die leuen.”
Dit is dus nie verbasend nie,
dat wanneer ons probleme in ons lewe ondervind,
die Satan steeds kom met al sy misleiding,
en ons wil laat twyfel aan die goedheid van God.
Maklik begin ons God se goedheid bevraagteken!
Asof ons nie ‘n geskiedenis van God se
goedheid en getrouheid in ons lewe het nie!

Hoekom glo ons so maklik Satan se leuens,
en twyfel in God se goedheid en getrouheid vir ons?
Vertrou doelbewus God se Woord en beloftes vir jou.
Dit is juis wat geloof is; om God op sy Woord te neem!
Neem God op sy Woord!

Ernest