Toe Jesus sy volgelinge opdrag gegee het om uit te gaan,
en die Evangelie uit te dra oral waar hulle gaan,
het hy spesifiek gesê hoé hulle dit moet doen.
God se groot oprdag om uit te gaan (Matt. 28:19-20),
volg ook op sy groot gebod om lief te hê! (Matt. 22:36-38.)

Dissipel volgelinge van die Here kan nie liefdeloos,
hoogmoedig of onbeskof wees nie!
Die Here Jesus sê self ons moet God bo alles liefhê,
met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Die gebod word gevolg met jou naaste liefhê soos jouself.
Dwarsdeur die Nuwe Testament word die liefde en deernis
vir jou naaste herhaal, veral ook as jy getuig!

1 Petrus 3:15 sê ons moet altyd gereed wees om ‘n antwoord te gee,
aan elkeen wat van ons ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in ons lewe.
Hy sê ons moet dit doen met beskeidenheid en eerbied.
Beskeidenheid, en nie hoogmoed nie.
Ons staan immers almal onder die genade van die Here.
En ook eerbied, vir God, én jou medemens, wat na God se beeld geskep is.

Getuig deur jou hele lewe, met woord en daad, met liefde en deernis.

Ernest