Daar vind dikwels in die lewe ongeregtigheid plaas.
Byvoorbeeld, ‘n baas wat op jou bly “pik”,
en negatiewe dinge teen jou aanteken.
Gelowiges beleef dit ook dikwels teen hulle gerig,
juis vanweë hul geloof.
Jy voel dan om op een of ander manier die persoon te vergeld,
of “terug te kry”.
Romeine 12:19 sê egter ons moet nie self wraak neem nie.
Ons moet dit oorlaat aan die oordeel van God.

Toe die Israeliete as gevangenis na Babilon geneem is,
het die Jood Mordegai hom in dieselfde posisie bevind.
Haman, ‘n belangrike amptenaar in koning Ahasveros se regering,
het verwag dat elke koninklike beampte voor hom moes kniel.
Mordegai het geweier om voor enige een behalwe God te kniel. Ester 3:1-2.
Dit het Haman so kwaad gemaak,
dat hy besluit het om alle Jode is die Persiese Ryk uit te roei. Verse 5-6.
Haman het Ahasveros oortuig om ‘n wet uit te vaardig
dat alle Jode doodgemaak moes word.
Hy het ‘n galg gebou waaraan Mordegai opgehang sou word. Ester 5:14.
Maar ‘n verbasende ommekeer van die situasie,
het daartoe gelei dat Haman aan daardie galg opgehang is!
Haman self, in plaas van Mordegai!
Die Joodse volk is so van uitwissing gered.

Natuurlik sal ons nie almal geregtigheid op die wyse ontvang nie.
Die Bybel belowe egter dat God alle ongeregtigheid sal uitwis.
Terwyl ons ongeregtigheid beleef,
moet ons steeds doen wat reg is in die oë van die Here.
Ons moet nie kwaad met kwaad vergeld nie,
maar die kwaad oorwin met die goeie.
God se weegskaal van geregtigheid sal op sy tyd balanseer.
Laat dit aan God oor.

Ernest