Natuurlik kan jy dit nie uit eie krag doen nie.
Om mense rondom jou se lewe te verander.
Maar die Here wil dit deur jou doen.
Met elke mens met wie jy te doen kry.
Die Kwaker, John Woolman, het ‘n groot stryd gestry
om slawerny in Amerika te beëindig.
Hy het op ‘n een tot een basis met slawe-eienaars gaan praat om hulle te oortuig.
Hy het daarin geslaag om baie slawe-eienaars te oorreed om hul slawe vry te laat.
Dink net wat het dit vir die slawe en hul gesinne beteken.
Sy indiwiduele en persoonlike betrokkenheid het baie daarmee te doen gehad.
Die boek Filemon in die Bybel gaan ook oor die vrylating van ‘n slaaf.
Dit het ook ‘n persoonlike een tot een pleitrede vir die vrylating van ‘n slaaf.
Onesimus het van sy eienaar, Filemon, wat ‘n Christen was, weggeloop.
Onesimus het egter deur Paulus se toedoen tot bekering gekom.
Paulus stuur hom terug na sy eienaar met hierdie woorde:
“Miskien was hy ‘n kort tydjie van jou af weg,
juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry,
nou nie langer as ‘n slaaf nie,
maar meer as ‘n slaaf:
as ‘n geliefde broer.” Filemon verse 15-16.
Ons is nie seker of Onesimus as slaaf vrygelaat is nie.
Sy nuwe geloof het egter sy verhouding met sy Christen-eienaar verander.
Bloot die feit dat hy teruggegaan het na Filemon sê dit al.
Hulle was nou ook broers in Christus.
Paulus was besig om sy wêreld en die mense rondom hom te verander.
Al is dit een hart op ‘n keer!
Die transformerende krag van die evangelie verander mense en situasies.
Verander die wêreld rondom jou deur die krag van die evangelie.
Al is dit een hart op ‘n keer.
Ernest