Wat verstaan ons onder oorvloedige lewe?
Is dit om met sukses dit wat die wêreld bied in God se Naam in te palm.
God moet eintlik dan sorg dat jy alles kry wat jy nodig het,
om te leef soos jy graag wil leef.
‘n Huis in ‘n veilige buurt is nie te veel gevra nie.
Motors en meubels om jou selfbeeld in stand te hou.
Jou siening van hemelse seën word dan gelyk aan wat jy “het”.
Dan word al verskil tussen ons en nie-gelowiges,
dat ons ons suksesse “seëninge” noem.

Jesus Christus kom gee ons perspektief oor die oorvloedige lewe.
Vir Hom is egte oorvloed om God lief te hê.
Om God so lief te hê dat Hý altyd, en orals,
en onder alle omstandighede, genoeg is!
Oorvloed is om te weet die Here is my Herder en ek kom niks kort nie.
Oorvloed is om skatte in die hemel bymekaar te maak,
en dit nie te verwar met aardse skatte nie.
Oorvloedige lewe is wat Jesus in Johannes 10:10 sê:
“Ek het gekom sodat julle die léwe kan hê, en dít in oorvloed.”

Die Nuwe Lewende Vertaling vertaal Matteus 6:33 so:
“..Maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is,
julle heel eerste prioriteit;
dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as ‘n bonus byvoeg.”

Ernest