Ontdek weer die regte Jesus wat ware God en mens is!

Jesus se aardse kleredrag was die van slawe.
Sy vernaamste vriende was armes, lydendes, sondaars en onvernames.
Sy gunsteling taal was vol genade.
Sy woorde en dade vertel van God se vrede vir die wêreld wat buite beheer tol.
In sy teenwoordigheid beleef jy die wegval van jou status, posisie, aansien of eie eer.

Jesus van Nasaret is ook nou die verhoogde Here.
Sy hart vir gewone mense is steeds dieselfde.
Maar sy heiligheid bring terselfdertyd by ons nederigheid.
Voor Hom raak ons slimstes se slim woorde stil.
In sy teenwoordigheid verdamp ons hoogmoed soos mis voor die son.
Selfs die dood vlug vir sy teenwoordigheid.

Iemand het treffend gesê aanbidding volg altyd as Christus en jy
op dieselfde tydstip dieselfde spasie deel.
Dan sterf jy net daar aan jouself.
Jou eie behoeftes word onbenullig.
Om nie eens van jou vrese te praat nie!
Niks anders as die Here maak dan meer saak nie.

Openbaring 5:12-13:
“Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom,
die wysheid en sterkte, die eer,
heerlikheid en lof te ontvang……
Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam,
behoort die lof en die eer,
die heerlikheid en die krag,
tot in alle ewigheid.”

Amen!

Ernest