Sarah Adams was ‘n suksesvolle aktrise.
Sy het skielik ‘n invalide garaak en bedlêend geword.
Elke keer wat haar leraar haar besoek het,
het hy vir haar gesê om Genesis 28:10-16 te lees.
Dit is die gebeure van Jakob wat gedroom het.
Vers 12 sê:
“Hy het gedroom: ‘n Leer staan op die aarde
en die punt van die leer raak aan die hemel,
en engele van God klim op en af op die leer.”
Sy het dit ook dikwels gelees.
Toe, op een dag, het die beeld van die leer wat op die aarde staan,
en die punt daarvan wat aan die hemel raak haar aangegryp.
Haar omstandighede is ‘n leer waarmee sy nader aan die God gekom het!
Sy het die treffende gedig “Nearer my God to Thee” geskryf.
Dit het die onvergeetlike lied “Nader, my God, by U” geword.
Een vers sing:
“Nearer, my God, to Thee
Nearer to Thee!
E’en though it be a cross
That raiseth me…”
Sy het gesê selfs al is dit ‘n kruis wat haar oplig om nader aan God te wees,
‘n kruis waaraan sy vasgespyker hang, soos sy aan haar bed vasgekluister is,
sal haar lied nog wees: “Nader, my God, by U”.
Soms tref die grootste krisis denkbaar ons.
Dan moet ons in die omstandighede daarna soek,
hoe God ons nader aan Hom trek.
Hoe God juis intens dáár is, waar ons Hom afwesig beleef.
Hoe ons krisis omstandighede,
die fokuspunt van God se teenwoordigheid is!
Ons moet die perspektief behou dat God ons nie los nie,
al voel dit so.
Ernest