Dit is merkwaardig hoe vroeg ‘n kind in hul lewe
reeds assosiasies maak en leer.
Hulle sal byvoorbeeld ‘n sekere soort motor leer ken,
en dan elke keer op die pad vir jou een uitwys as dit verbykom.
Hulle sal selfs in die speelgoedwinkel so ‘n soort speelgoed motortjie
uitwys tussen die ander speelgoed motortjies, en dit op sy naam noem.
Hul onderskeidingsvermoë, vermoë om assosiasies te maak,
en vermoë om te leer is eenvoudig merkwaardig,
van ‘n baie baie jong ouderdom af.
Wanneer ons dink hulle kan iets leer, kon hulle al lánkal.
Dit laat ons verstom staan.
Dit is hierdie geleentheid wat die Here wil hê ons moet aangryp!
Bruce Wilkenson praaat van “Teachable-Moments.”

Daarom sê die Here in Deut. 6:6-7:
“Hierdie gebooie wat Ek jou vandag gegee het…..
Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat.”
Ons kan van baie klein af reeds ‘n kind leer wat die Here se wil is.
Ons kan dit doen deur die FIRM-beginsel.
Dit volg die patroon wat Moses in Deut. 6 uiteengesit het.

Familiarity – elke geleentheid word gebruik,
om die kind Bybelse waarhede te leer.
So word dit deel van hulle lewe.

Interest – gebruik hulle belangstelling as geleenthede om hulle te leer,
Bybelse waarhede aan hulle oor te dra,
en Bybelverhale met hulle te deel.

Recognition – help hulle om dinge raak te sien, dit te herken,
en te integreer met Bybelse waarhede en hulle lewe.

Modeling – leef voor wat jy hulle leer.
Kinders leer meer met hulle oë as met hulle ore.
Hulle luister nie net wat jy sê die Here se wil is nie,
maar neem veral waar of jy dit self met oortuiging doen.

Bou van kleins af reeds die lewe van jou kinders,
op die fondament van God se Woord.

Ernest