1 Johannes 4:6 en vers 16 sê God is liefde.
1 Petrus 1:16 sê God is heilig.
“Wees heilig want Ek is heilig.”
As kinders van die Here moet ons dit onthou dat God liefde is,
maar ook dat Hy heilig is.
Dit is reg om teen ongehoorsaamheid te waarsku.
Maar vergifnis moet ook verkondig word.
Lees gerus 1 Kor. 6:1-11.
Daar lees ons die ernstige waarskuwing teen ongeregtigheid.
Maar dit word ook opgevolg met die woorde:
“En so was party van julle juis ook.
Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig,
julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus.” Vers 11.
Ons moet nie God se woede teen die sonde so oorbeklemtoon,
dat ons sy genade buite rekening laat nie.
Maar aan die ander kant moet ons ook nie God net as liefde verkondig,
ten koste van sy heiligheid en regverdigheid nie.
God is heilig. Ons moet sy heiligheid en sy woede
ten opsigte van die sonde ernstig opneem.
Maar ons mag nooit sy genade en sy liefde vergeet nie.
Leef en verkondig hierdie balans.
Ernest