Dwarsdeur die Bybel verwys God na homself as “Ek”, “My”, en “Ons”.
Hy reageer wanneer ons Hom aanspreek as Persoon.
God is alwetend, toon emosie, en oefen sy wil uit!
Hy praat, sien, hoor, word kwaad en hartseer, het lief, toon deernis…
Alhoewel hy dit duidelik stel dat hy Gees is, is dit glashelder duidelik
dat Hy ‘n Persoon is, en nie net ‘n krag of mag nie.
Johannes 4:24 sê dat ons Hom in hegte verhouding moet aanbid:
“God is Gees, en dié wat Hom aanbid,
moet Hom in hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid.”
Ons kan nie bekostig om te dink of te leef
asof God net ‘n mag of krag is nie!

God is nie ‘n krag of ‘n mag wat in ons guns werk,
of teen ons werk nie!
Moses is ‘n voorbeeld.
God het sowel sy Persoon en sy krag aan Moses getoon,
toe Hy met Moses uit die brandende bos gepraat het.
God doen ook wonderwerke in Eksodus 4:1-9 om sy krag te demonstreer.
Moses bly verskonings maak, en toe word God kwaad.
Moses besef hy kan nie anders nie, hy moet God se wil doen!
Dit is ‘n tipiese stryd tussen mens en ‘n persoonlike God.
‘n Gesprek tussen twee denkende en aktiewe persone.
God is nie net ‘n krag nie!
Hy openbaar sy persoonlike teenwoordigheid.
Hy dink met buitengewone Goddelike wysheid.
Hy het grenslose kapasiteit vir emosie.
Hy het intens lief!

Leef jy in ‘n hegte persoonlike verhouding met God?… soos Johannes 4:24 sê.
Of is God net vir jou ‘n vae persoon, en eintlik maar ‘n krag of mag in jou lewe?
Daar is ‘n lewensbelangrike verskil!
Lewensbelangrik!

Ernest