Al is God ‘n Persoon en kenbaar vir ons,
is Hy tog ook gans anders as ons,
en onmeetlik groter en verhewe bo ons.
Ons en alles om ons is geskep.
Alles is vir ons in ‘n sin waarneembaar en meetbaar.
Maar nie God nie.
God is ewig en bestaan vir ewig.
Hy is van niks of niemand afhanklik nie.
Ons, inteendeel, het swakhede en gebreke.
Alles wat ons ken het beperkinge.
Ons is sondig en vol tekortkominge.
En ons is in elke opsig totaal afhanklik van God.
Toe Moses die Wet op die berg ontvang het,
het hy die oorweldigende heerlikheid van God gesien.
“Die magtige teenwoordigheid van die Here,
het vir die Israeliete gelyk soos ‘n gloeiende vuur….”
Eksodus 24:17.
Toe Jesaja geroep is as profeet vir die Here, sê hy:
“Hy het op ‘n baie hoë troon gesit,
en die onderste van sy kleed het die temple gevul.”
Jesaja 6:1.
Verder skryf Jesaja in Jesaja 40:
“Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees?
Vir wie raadpleeg Hy, dat die Hom tot insig sou bring,
en Hom sou leer wat om te doen?
Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree?”
Selfs al weet ons dat ons God kan ken,
moet ons steeds besef hoe groot en almagtig God is,
en hoe klein ons voor Hom is.
Selfs al is Hy ons liefdevolle Vader,
kan ons slegs in eerbetoon voor Hom buig.
Met eerbied in sy teenwoordigheid lewe.
Ernest