Ons almagtige God is wonderlik goed.
Sy goedheid is sigbaar in alles wat Hy doen.
Selfs sy oordele is deel van sy goedheid,
omdat dit sy getrouheid openbaar,
en sy regverdigheid bevestig.

Die goedheid van God word die duidelikste gesien in sy handelinge met die mens.
Van die begin af seën God die mens met sy teenwoordigheid by ons.
Ten spyte van die mens se sondeval,
bly God steeds die onmeetlike Bron van goedheid.

Ons ken die verhaal van Josef,
wat die goedheid van God op ‘n besondere manier leer ken het.
Hy staan uiteindelik voor sy broers wat hom as ‘n slaaf verkoop het en sê:
“Moenie bang wees nie….julle wou my kwaad aandoen,
maar God wou daarmee goed doen.
Hy het gesorg dat ‘n groot volk in die lewe gebly het….” Gen. 50:19-21.

Hierdie broers van Josef en hul nageslag word later die volk van Israel.
Ten spyte van hulle selfsug, roekeloosheid en jaloesie,
het God homself as die goeie God aan hulle bewys.

En die absolute voorbeeld van God se goedheid en genade,
is die kruis van Christus!
Dit is waar die goedheid van God intens gevind word!

Leef elke dag uit die goedheid van God!

Ernest