Die feit dat ons so besig is, laat ons perspektief verloor.
Ons verloor ons visie op God en sy wil vir ons lewe!
Daarom gaan Paulus verder in 1 Kor. 10:12-13 en sê:
“Wees geestelik wakker!
As jy gerus begin word,
en dink dat niks jou geestelik van stryk kan bring nie,
val jy miskien juis in die kloue van versoekings en sonde.
Nou praat ek nie van buitengewone versoekings nie.
Die versoekings wat oor julle kom,
is dieselfde as wat enige ander mens teëkom.
God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het.
Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur
wat jou as Christen van balans af sal gooi nie.
As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry,
sal God jou help om die regte besluit te neem,
en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.”
Lees weer hierdie twee verse en oordink dit ‘n oomblik.
Wees geestelik wakker.
Moenie ooit dink jou geloof is so sterk
dat versoekings nie met jou sal gebeur nie.
Almal word versoek.
Die Bose het tot vir Jesus versoek.
Robert Fulghum het hieroor gesê:
“I was looking for trouble and got into it as soon as I found it.
The devil made me do it the first time, but after that,
I did it quite well on my own.”
Dit is eenvoudig om sonde en versoekings te weerstaan.
Dit lê in een woord: GOD.
“God sal julle nie in die steek laat nie….
maar doen wat Hy gesê het.”
Hoe kan jy geestelik wakker wees?
Fokus op God!
So sal jy jouself veilig hou,
van jouself, en van die duiwel.
Bly naby God.
En doen wat Hy gesê het!
Ernest