1 Korintiërs 13 gaan oor ons liefde vir God en vir mekaar.
Vers 6 sê:
Die liefde… “verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.”

 

Dit help om na nog vertalings hieroor te kyk.

 

Die Boodskap vertaal dit so:
“Liefde het ook grense:
liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie.
Net so sal liefde altyd net bly wees
oor dit wat regtig gebeur soos God dit bedoel het.”

 

The Word on the Street vertaal dit:
“Love doesn’t smile when dark stuff goes on,
but throws a party when the truth gets out.”

 

Die Bybel vir Almal vertaal dit:
“Liefde is nie bly wanneer mense verkeerde dinge doen aan ander mense nie,
Liefde is baie bly wanneer mense die waarheid praat.”

 

Paulus laat die liefde hier fokus op interpersoonlike verhoudings.
Dit gaan nie hier soseer oor die onreg of kwaad wat iemand doen nie,
maar oor die kwaadwillige hantering daarvan,
veral wanneer ons iets slegs oor iemand anders hoor.

 

Hoekom wil ons dikwels eerder van die slegte dinge van ander hoor as die goeie?
Ware Christelike liefde kry nie lekker as iemand struikel of val in sonde nie.

 

Ons word opgeroep om die volgende uit te leef:
As jy nie iets goeds oor iemand kan sê nie,
bly eerder stil, en bid vir die persoon.

 

Ernest