Paulus skryf in 1 Korintiërs 15 oor die dood wat sy krag verloor het,
wat die kinders van God betref!!
En dan sê hy in vers 57, en luister net hierna:
“Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee
deur ons Here Jesus Christus.”
In Jesus Christus het ons oorwinning oor die dood!
1 Korintiërs 15:58 wat dan daarop volg,
is ‘n merkwaardige teks,
spesifiek om voluit te lewe!
Skep diep asem en lees dit!
Die Boodskap sê dit treffend:
“My liewe broers en susters,
dit gee julle alle rede om julle nie ‘n duim te laat wegbeweeg
van dit waarin julle glo nie. Staan vas.
As daar iets is wat julle vir die Here kan doen,
doen dit en nog meer,
maak nie saak wanneer en waar nie.
Julle twyfel mos nie ‘n oomblik daaraan
dat wat julle vir die Here doen
die moeite werd is nie.”
Leef voluit in God se genade!
Doen alles wat jy doen vir die Here!
Elke dag van jou lewe!
Carl Jung het die vraag gevra:
“Wie het ooit daarin geslaag
om die volle beker met genade op te drink?”
Leef voluit in God se genade!
Elke dag van jou lewe totdat jy doodgaan!
Jy het alle rede daartoe!
Leonard Sweet sê dat Christene “the art of dying well” moet bemeester.
Hy noem dit “the art of happy endings”.
Hy sê die volgende oor die lewe wat voluit geleef moet word,
in God se genade:
Besef elke dag dat jy nie vir altyd lewe nie.
Jy gaan net een keer by hierdie oomblik verby.
Laat dit ‘n oomblik wees wat tel, ‘n “memory maker”.
Moenie wrokke (grudges) in jou hart ronddra nie.
Maak jou verlede reg.
Tel alle los drade op.
Vergewe, en vra self om vergifnes.
Laat die opstanding in Jesus Christus jou energie wees.
Laat die oorwinning oor die dood jou “energize”.
Lewe voluit in God se genade.
Elke dag!
Ernest