“Julle weet dat God doen wat Hy belowe.
So doen ons ook wat ons belowe.
Wanneer ons “ja” sê, dan is dit “ja”,
en wanneer ons “nee” sê, dan is dit “nee”.
Julle weet dat Jesus nie “ja” en “nee” is nie.
Jesus is God se “ja”.
Want alles wat God belowe het,
het waar geword toe Christus gekom het.
Daarom, wanneer ons “amen” sê,
dan sê ons dat alles waar is wat ons van Christus glo.
En so prys ons vir God.
God is die Een wat vir ons sê dat ons en julle saam aan Christus behoort.”
2 Kor. 1:18-21 (Die Bybel vir Almal)

Een van die wonderlikste waarhede oor God is dat Hy sy woord hou.
Hy doen altyd wat hy belowe.
As jy ooit daaraan twyfel, onthou Jesus is die JA op al God se beloftes.
Hy is 24/7 by jou teenwoordig en sy Gees is in ons harte gegee,
as waarborg van God se beloftes!
Sy Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is,
en dat God sy beloftes aan ons gestand doen.

Ons moet egter as Jesus volgelinge ook “ja’s” van God wees.
Daarom sê Paulus “ons doen ook wat ons belowe” en,
“Wanneer ons “ja” sê, dan is dit “ja”,
en wanneer ons “nee” sê, dan is dit “nee”.
Mense moet ons ook kan vertrou.

Ons kan God volkome vertrou.
Kom ons leef so dat mense ook vir ons, as kinders van God, kan vertrou.
The Message vertaal 2 Kor. 1:19-20 treffend so:
“Whatever God has promised gets stamped with the Yes of Jesus.
In Him, this is what we preach and pray, the great Amen,
God’s Yes and our Yes together, glorious evident.
God affirms us, making us a sure thing in Christ,
putting His Yes within us.”

Vertrou God volkome.
Hy doen wat Hy sê.
Hy plaas ook sy groot Ja en Amen in jou!
Gaan leef ook so as sy verteenwoordiger!
Wees opreg en betroubaar.

Ernest