Sê nou jy kon teruggaan in tyd…
Sê nou jy kon jou verlede verander…
Sê nou jy kon dit wat negatief geraak het positief verander…..
“Frequency” is ‘n fliek wat hieroor gaan.
Dit gaan oor ‘n man wat as jong seuntjie sy pa wreed verloor.
Nou kan hy in die tyd teruggaan om die moord op te los.
Dit is ‘n diep maar genotvolle fliek.
Die regisseur, Gregory Hoblit,
het self sy pa verloor net voor hy die draaiboek gelees het.
Dit het hom baie laat dink aan die “what if’s” van die lewe.
Sê nou maar hy kon meer tyd saam met sy pa deurbring….
Sê nou maar hy kon nou met hom praat, wat sou hy sê?
Hoeveel keer meer sou hy sê en wys dat hy hom liefhet…..
Sê nou maar jy kon teruggaan in tyd en dinge regmaak….
Ongelukkig is vandag al wat ons het….of is dit gelukkig?
Gister is verby.
Daarom beklemtoon die Woord van God dat jy vandag vir die Here moet leef.
Gee liewers jou verlede met sy pyne vir God.
Hou op om te bly omkyk, en in die verlede te leef.
Die fliek, “Frequency”, bevestig dan die volgende boodskap:
Die keuse om vandag die regte ding te doen,
het ‘n positiewe impak op al jou môres.
Lukas 9:62 sê dit ook oor jou verhouding met die Here,
en die koninkryk van God:
“Iermand wat aanhou omkyk na wat agter is,
is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”
Ernest