Dinge gebeur teen ‘n hewige tempo.
Dit is nie net goed om in die regte rigting te beweeg nie,
maar jy moet ook vining beweeg, anders is alles bo-oor jou!
“Don’t get run over from behind”, het iemand gesê.
Blykbaar is internet tyd “vinniger” as enge ander tyd.
Een internetjaar is gelyk aan 14 mensjare.
Wat dit ookal mag beteken….
Ons leef vining.

Feit is dat ons die tyd moet uitkoop,
en die beste gebruik moet maak van elke geleentheid.
Efesiërs 5:16 sê dit vir ons.

Dit laat jou dink aan die man wat gegaan het vir sy doktersondersoek.
Die dokter het gesê hy het slegte nuus vir die man.
Hy het net ‘n kort rukkie oor om te lewe.
“Hoe lank?”, wou die man weet.
“Tien….”, sê die dokter.
“Tien wat? Tien jaar? Tien maande? Tien weke?...”, vra die man.
“Nege…agt…sewe…ses…”, sê die dokter.
Hoeveel dit ookal is, dit is min!
Koop die tyd uit!
Terwyl jy hier is…..,
laat jou lewe ‘n lewensveranderende invloed op almal hê.

Jack London, die skrywer van “White Fang”,
waarvan die fliek gemaak is, het treffend gesê:
“I would rather be ashes than dust!
I would rather that my spark should burn out in a brilliant blaze,
than it should be stifled by dry rot.
The proper function of man is to live, not to exist.
I shall not waste my days in trying to prolong them.
I shall use my time.”

Ernest