Galasiërs 3:25-27:
“Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het….
is julle nou almal kinders van God….
wat moet lewe soos mense wat aan Christus behoort.”
Een van die beste musiekalbums van alle tye
is Pink Floyd se “Dark Side of the Moon”.
“Ons” het die plaat (LP) voos gespeel nog voor die tyd van CD’s en DVD’s.
Een van die snitte was “Time”.
Die lirieke het onder andere gesê:
“Ticking away the moments that make up the dull day.
Waiting for someone or something to show you the way.
And then one day you find that ten years have got behind you.
No one told you when to run, you missed the starting gun.”
“Maar nou dat die tyd van geloof gekom het….”
Jesus het sin in die lewe kom gee.
Wanneer Hý jou lewe word, hóór jy die “starting gun”!
Tyd stap aan…..hoor die “starting gun”!
Tyd word nie meer iets wat jy net wil beheer nie.
Dit word iets wat jy gebruik om Jesus se Naam groot te maak,
in alles wat jy in die kosbare tyd doen.
Moenie die tyd leeg laat verbygaan nie.
Lééf!
“When as a child I laughed and wept, time crept.
When as a youth I dreamed and talked, time walked.
When I became a full grown man, time ran.
And later as I older grew, time flew.
Soon I shall find while traveling on, time gone…”
(What Happened to Time?)
Die tyd van geloof het gekom!
Lééf!
Ernest