Paulus skryf in 2 Kor. 3:4-5:
“Deur sy goedheid help Christus my om al my vertroue in God te stel.
Daarom probeer ek nooit om iets uit eie krag te doen nie.
Uit my eie kan ek in elk geval niks regkry nie.
God self het my toegerus om sy werk te doen.
Hy het my aangestel as sy dienaar.”
Alles wat ons in die lewe bereik,
is as gevolg van God se krag wat hy aan ons gee.
Ons kan nie eers asem haal sonder God nie!
Een van die boeke wat die wêreld se denke verander het was Uncle Tom’s Cabin.
Dit het gehelp om die vryheid van slawe te bespoedig.
Baie mense het die skrywer daarvan, Harriet Beech Stowe, geprys vir die boek.
Sy het geweier om enige krediet vir die sukses van die boek te neem.
Sy het gesê:
“I, the author of Uncle Tom’s Cabin?
No. Indeed, I could not control the story.
It wrote itself. The Lord wrote it.
And I was but the humblest instrument in His hand.
To Him alone the praise.”
Alles wat ons in die lewe bereik,
is as gevolg van God se krag en insig wat Hy aan ons gee.
Leef doelbewus met hierdie wete,
en gee doelbewus aan Hom opregte eer!
Ernest