Ons leef dikwels in hierdie wêreld asof alles oor hierdie wêreld alleen gaan.
Maar kyk wat sê 2 Kor. 5:1-2:
“Wanneer ons liggaam eendag soos ‘n tent opgevou,
en in die grond weggebêre word,
is dit nie klaar met ons nie.
Gelukkig nie. Dan breek ‘n splinternuwe lewe by God aan,
wat nooit sal ophou nie.
Terwyl ons nou nog in hierdie aardse tent van ons aansukkel, kry ons swaar.
Ons sien baie uit na daardie nuwe hemelse liggaam.”
Vers 4 sê: “Ons sien regtig uit na die dag dat hierdie sterflike liggaam
van ons vervang word met ‘n nuwe liggaam.
Vers 5 sê: “ God is besig om ons gereed te maak vir hierdie nuwe lewe wat op ons wag.
Om te verseker dat ons veilig by Hom sal aankom, het hy sy Gees aan ons gegee.”
Lees net weer vers 5!
Dit is vir baie mense regtig lekker om in die natuur te kamp.
Maar om in ‘n tent te bly is net vir ‘n tyd lank lekker.
Dan verlang ‘n mens weer na jou regte huis.
Paulus skryf hier dat ook ons “tent”-liggame vervang sal word met “gebou”-liggame.
Dan sal ons nie meer nakend of hulpeloos wees nie, skryf hy in vers 3.
Vir ewig sal ons nie moeg, siek of oud word nie.
Hartseer en trane sal verby wees.
Rudyard Kipling skryf so daaroor:
“When Earth’s last picture is painted.
When the oldest colors have faded.
Till the Master of all good workmen shall put us to work anew,
and never be tired at all.
And only the Master shall praise us.
And no one will work for the money.
No one will work for the fame.
But each for the joy of the working.
And each shall draw the thing as he sees it,
for the God of things as they were.”
Moenie jou tentpenne te diep in hierdie wêreld inslaan nie.
Die lewe is inderdaad “great”.
Maar die grootheid daarvan,
is net ‘n klein refleksie van die grootheid wat vir ons wag.
Onbeskryflik in woorde.
En om te verseker dat ons veilig by Hom sal aankom,
het Hy sy Gees aan ons gegee!
Ernest