Dit is hoe nomadiese mense leef.
In tente, en heeltyd ook op reis.

Omdat ons weet waarheen ons op pad is,
raak ons nie moedeloos nie.
So sê 2 Kor. 5:6-9:
“Ons raak glad nie moedeloos nie.
Ons weet dat terwyl ons nog in hierdie aardse liggaam leef,
ons nog nie by die Here is nie.
Maar ons glo met alles in ons dat ons daarheen op pad is,
ook al sien ons nog niks van hierdie nuwe lewe nie.
Ons is daarom vol moed.
Natuurlik sou ons nou sommer dadelik hier wou padgee,
en by die Here gaan bly.
Maar op die ou end gaan dit nie oor wat ons wil hê nie.
Al wat saak maak, is dat ons doen wat God van ons vra,
of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld.”
Wil jy nie weer hierdie paar verse lees nie….

‘n Jong seun was op ‘n baie lang afstand op reis in ‘n trein.
Dit was uiters warm, stowwerig, en baie ongemaklik.
Ook die landskap was maar woestynagtig en vaal.
Die seun het maar geduldig by die venster uitgekyk.
‘n Ou dame het met deernis na hom geleun en gevra:
“Is jy nie al baie moeg vir die lang rit nie? Die stof. Die hitte?”
Die seun het geglimlag en geantwoord:
“Ja, tannie. Ek is al so ‘n bietjie moeg.
Maar ek gee nie om nie,
want my pa wag vir my aan die einde van hierdie rit!
Ek is só opgewonde daaroor.”

Dit is ook waarvan ons as kinders van die Here verseker kan wees!
Ons is op pad na waar ons Vader in die hemel vir ons wag!
Al kan ons aardse reis vermoeiend en soms baie moeilik wees,
ons kan nie wag om ons hemelse Pa te sien,
en in sy omhelsing te wees nie!

En om te verseker dat ons veilig by Homs al aankom,
en nie alleen hier op reis te wees nie,
het Hy aan ons sy Gees gegee! 2 Kor. 5:5.

Ernest