Jesus sê in Johannes 10:10;
“Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Maatskappye gebruik ‘n gewilde bergklim-oord in die Alpe om spanbou te doen.
Hulle klim saam as groep, en leer om as span te funksioneer.
Dit is egter ‘n heel gemaklike stap, en almal kan dit eintlik doen.
Dit neem agt ure om tot by die kruin te kom, en ook daar in goeie geriewe te oornag.
Elke groep begin altyd baie entoesiasties.
Halfpad teen die berg op is ‘n restaurant, wat teen middagete bereik word.
Hulle geniet lekker kos, en warm sjokolade en koffie.
Die probleem is dat die helfte van die stappers dan nie verder wil stap nie!
Om die ongelooflike uitsigte te waardeer, wat eintlik nou eers gaan kom,
is baie min mense beskore!
En juis hulle het nou die geleentheid.
Hulle mis dan die heel mooiste en heel beste!
Nie omdat hulle nie kan nie,
maar doodgewoon omdat hulle nou gemaklik en versadig is!
Hulle is traag om verder te gaan, omdat hulle bloot tevrede is met waar hulle is.
Hulle het net ‘n mate van sukses ervaar ,en nou dink hulle:
Hierdie plek is goed genoeg.
Maar hulle mis die heel beste!
Vergesigte wat onmoontlik gelyk het, en binne hul bereik is, mis hulle!
Ons doen dit ook dikwels, in ons geloofslewe saam met die Here!
Aanvanklik is ons opgewonde saam met die Here, oorgehaal en entoesiasties.
Maar dan raak ons selfgenoegsaam!
Ons raak gemakilk met waar ons is.
Waar ons is, is dalk nie ‘n slegte plek nie,
maar ons weet dit is nog nie waar die Here ons wil hê nie.
Ons begin klein glo, of ons leef nie dit wat ons glo, ten volle uit nie!
Streef na God se beste vir jou!
Moenie halfpad ophou nie.
Gaan tot op die kruin van die berg!
Glo dat God jou baie meer wil gee,
as waarmee jy nou tevrede is!!
Ernest