2 Kor. 2:15-17:
“Ons is soos ‘n aangename geur,
wat ander mense van Christus bewus maak.
Ons versprei die wonderlike aroma van Christus,
tot eer van God.
Almal wat met ons te doen het, weet daarvan:
Die wat in Hom glo, en ook die wat op pad is na die dood toe.
Vir mense wat nie in Christus glo nie, gee ons ‘n doodsreuk af.
Maar vir mense wat die goeie nuus glo,
gee ons die heerlike geur van lewe af.
Natuurlik is dit ‘n groot verantwoordelikheid,
om Christus se aroma in hierdie wêreld te wees.
Ek weet dat ek sy aroma is…”

Of mense ruik lekker van Christus se aroma,
of mense stink van die doodsreuk.
Dit is ‘n baie sterk beeld wat Paulus hier gebruik.

Die aangename geur van Jesus se oorwinning moet oor ons hang.
Twee manne het goud ontdek en besluit om dit stil te hou.
Die volgende oggend, toe hulle terugkeer na hulle goud,
het ‘n groot groep delwers al agter hulle aangeloop.
“Wat soek julle?”, wou die twee manne weet.
Die delwers het geantwoord:
“Julle het goud ontdek!”
“Hoe kan julle so sê?”, wou die twee manne weet.
“Dit staan oor julle gesigte geskryf!”, antwoord die delwers.

Net só moet Jesus se teenwoordigheid in ons lewe sigbaar wees.
Versprei die aangename geur van die Here in jou lewe!

Ernest