Wanneer skinder jy, en wanneer nie?
Skinder is nie altyd so ooglopend nie.
Dikwels lyk dit heel onskuldig.
Een van jou kollegas het bevordering gekry, en terloops sê jy:
“Ek sal nooit my gesin so afskeep vir bevordering nie.”
Eintlik weet jy maar baie min van die kollega se gesinslewe…
Maar jy het die stekie ingekry.
Nou is dit te laat. Die saadjie is gesaai.
Dit kan nou groei en baie stertjies kry.
Wat presies is skinder dan?
Dit maak nie saak of dit die waarheis is of nie,
moenie mense se foute lewendig hou nie.
Jy maak die fout, of swak plek in die persoon, nou deel van sy identiteit.
Skinder verklap ook baie oor jouself.
Jy voel ánder se foute is groter as jóú foute.
Dit is trouens soveel groter, dat dit nie vergewe en vergeet kan word nie.
Jou foute is vergewe, maar die res moet vir altyd aan hul foute herinner word.
Dit laat jou ook beter lyk, dink jy, as die res om jou.
Dit is trots: jy moet eenvoudig beter wees as iemand anders.
Hoe slegter iemand anders lyk, hoe beter lyk ek.
‘n Los tong wys ook hoe onseker jy oor jouself is.
Sonder dat jy dit besef, begin ander nou oor jóú skinder.
Belangrik: dit gaan nie oor hoe jy vir ander lyk en wat hulle oor jou dink nie.
Jou identiteit lê in Christus.
God stap met jou ‘n heeltemal ander paadjie om by sy plan vir jou uit te kom.
Anders beteken nie slegter nie.
Vra jouself telkens: Hoekom wil ek dit nou sê?...of doen?
Wat sê dit, wat ek nou wil sê, van wat in my hart aangaan?
Vervang afbrekende woorde met opbouende woorde,
of bly eenvoudig stil!
Spreuke 10:18:
“Agter die woorde van ‘n huigelaar sit daar haat;
wie skinderstories versprei, is ‘n dwaas.”
Ernest