Die Here se lewensrat is vorentoe.
Daar is nie ‘n rat vir “in trurat lewe” nie!
Dit is normaal om woede te ervaar wanneer mens jou in die steek laat.
Mense vaal ons dikwels,
maar jy kan nie aanhou om dit saam te sleep nie.
Dan bly jy julle verlede saamsleep.
In Lukas 17:32 sê Jesus:
“Onthou wat met die vrou van Lot gebeur het.”
Kan jy onthou wat met haar gebeur het?
Genesis 19 vertel van die gebeure.
Die engele het vir Lot en sy mense uit Sodom gered,
omdat God Hom oor hulle ontferm het.
Die engele, wat in die gestalte van twee mans was,
het hulle aan die hand gegryp en uit die stad uitgelei.
Hulle het vir Lot in vers 17 gesê:
“Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie!”
God het swael en vuur uit die hemel laat reën op Sodom.
Vers 26 sê dan:
“Lot se vrou het omgekyk en sy het in ‘n soutpilaar verander.”
Baie van ons val soos soutpilare vas in die verlede.
Die oplossing, en uitkoms, en bevryding, lê vóór jou, nie agter jou nie!
In Eksodus 14 lees ons hoe die Egiptenare die Israeliete agternagesit het.
Maar voor die Israeliete was die see!
Hulle het benoud na die Here geroep.
Moses het in vers 13 vir hulle gesê:
“Moenie bang wees nie. Staan vas,
kyk hoe die Here julle vandag gaan red…”
Dit is om in absolute vertroue op die Here vorentoe te gaan,
vorentoe te lééf!
Hou op om in trurat te leef.
Dan is jy nie in God se rat nie, en uit rat uit.
Dit is waar die Bose jou wil hê, uit rat uit…
Ernest