Die verhaal word vertel van ‘n ou gelowige vrou,
wat deur ‘n jonger vriendin besoek word.
Die jonger vrou sê dan met opregte deernis vir haar:
“Jy ly baie”.
“Ja”, antwoord die ou vrou.
“Maar kyk”, en sy hou haar hande uit;
“Daar is geen spykermerke hier nie.
Jesus het die spykermerke, ek het die hoop”.
Sy wys na haar kop; “Geen dorings hier nie”.
Hy het die dorings gehad, ek het die hoop”.
Vaclav Havel, die Tseggiese digter, en later president,
het na jare se lyding en swaarkry vertel:
“Ek is nie ‘n optimis nie, want ek is nie seker alles sal goed eindig nie.
Ek is nie ‘n pessimis nie; ek is nie seker alles eindig sleg nie.
Ek dra net hoop in my hart.
Lewe sonder hoop is ‘n leë, vervelige en nuttelose lewe.
Ek kan my nie indink dat ek na iets in die lewe sou gestrewe het,
as ek nie hoop in my lewe gedra het nie.
Ek is God dankbaar vir hierdie geskenk.
Dit is net so ‘n groot geskenk soos die lewe self.”
Augustinus het geglo hoop is die beste van geloof, hoop en liefde.
Geloof sê God bestaan. Liefde sê God is goed.
Maar hoop sê God doen wat Hy belowe!
Romeine 15:13:
“Mag God, die Bron van hoop, julle vervul,
sodat julle hoop al hoe sterker kan word,
deur die krag van die Heilige Gees”.
Ernest