Om te weet die Here sê in Jes.66:1:
“Die hemel is my troon en die aarde die rusplek van my voete”,
en te weet dat Hy dáárom ten volle in beheer is, maak ons hoop “hemels”.
God is altyd ons bron van hoop.
Daarom is ons oog op God gerig, Wie se troon die hemel is.
Ons hemelse hoop is ver bo wat ons kan dink of bid, of droom.
Ons moet egter die hemel hier laat grondvat, hier op aarde waar ons nóú leef.
Wanneer ons bid: “…laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel”,
dan wil die Here dit juis deur óns doen, wat sy verteenwoordigers hier op aarde is.
Wanneer ons dit besef en uitleef, sal ons stukkies hemel op aarde bring,
deur die genade van God, en die werk van die Heilige Gees in ons.
Dit is wat hoop met jou as kind van die Here doen.
Jy “sien” die hemel en leef dit dan hier uit.
Daarom is die hemel meer as net ‘n plek.
Dit is ook om nou al met jou houding, en gedrag, en besluite,
vir mense heen te wys na die koninkryk van God hier op aarde,
en van God, en die ewigheid by God in die hemel.
C.S. Lewis sê daaroor:
“If you read history you will find that the Christians who did the most for the present world,
were just those who thought most of the next….. Aim at heaven and you will get earth “thrown in”.
Aim at earth, and you will get neither.”
Ons hoop is hemels!
Ernest