Kolossense 3:2 sê:
“Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is”.
Dit laat jou die hemel nou al beleef, as jy óók rondom jou kyk.
Baie dinge in die lewe is soos ‘n venster op die hemel.
Kyk mooi, en jy sal God in die alledaagse raaksien.
Henry David Thoreau het gesê:
“Heaven is under our feet as well as over our hands.”
Daar is ‘n lied wat sing:
“Forever and always, inside, all around,
heaven is everywhere, heaven is found.”
Ons almal sien uit na die ewige lewe in die hemel.
Maar ons kan nou al iets daarvan ondervind,
en ons moet dit self na ons wêreld bring, daar waar ons leef.
Jy kan nou al deur jou lewe vir mense iets van die hemel wýs.
Mense moet na jou lewe kyk en sien hoe dit heenwys na die Here.
Carl Jung, die beroemde sielkundige, het gesê ons hoop lê in God:
“Men cut themselves off from the root of their being,from God…
So when God goes, goal goes. When goal goes, meaning goes.
When meaning goes, value goes, and life turns dead on our hands.”
Lééf hemel op aarde!
Hoop laat jou dit leef!
Ernest