Lukas 5:10 sê:
“Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”
Dissipels, volgelinge van die Here, is vissers van mense.
Die Griekse woord vir “visvang” beteken letterlik “lewendig vang”.
Jesus sê vir ons dat ons vissers van mense moet wees,
dat ons hulle moet vang, en vir die Here moet gee, wat hulle sal skoon was.
Kyk net na die verhaal van Hudson Taylor.
Voor sy geboorte het sy ouers al gebid
dat hy sou sendingwerk gaan doen in China.
Van vroeg af het Hudson belanggestel in China,
seker ook onder die invloed van sy opregte ouers,
wat die nood in China geken het.
Die dag in 1865, toe Hudson Taylor die China Inland Mission gestig het,
het mense hom gewaarsku dat hy ‘n fout maak.
Hulle wou hê dat ‘n bestaande organisasie hom moes steun.
Hulle het gesê nie hy of sy China Inland Mission sou oorleef nie.
Die Here het dit egter so geseën dat dit vandag nog bestaan.
Aan die einde van sy lewe het Hudson Taylor getuig:
“Ek het al mense ontmoet wat sê:
Om op God te vertrou is ‘n mooi teorie.
Maar dit werk nie regtig in die lewe nie.
Wel, al wat ek hiervan kan sê, is dat dit werk,
én dit werk goed. Ek dank God.”
Vertrou God om jou te dra as ‘n visser van mense.
Hy wat jou roep, sal jou ook dra waar jy beweeg, leef, en getuig.
Wees net, soos Hudson Taylor, onvoorwaardelik gehoorsaam aan die Here.
Die kerk van die Here, óns, is gestuurdes van die Here!
Ons kom nie bymekaar ter wille van die kerk nie.
Iemand het gesê:
“The church is the place where we get our marching orders,
and are spiritually equipped for the mission.
The church is not, as Mark Twain once put it,
“a place where a nice, respectable person stands in the front of other nice,
respectable people and urges them to be nicer and more respectable.”
Ons is gestuurdes, óns, is vissers van mense.
Staan op en gáán, daar waar jy leef is jy die visser van mense!
Ernest