Klaagliedere beskryf die intense pyn van mense,
mense wat regtig álles verloor het.
Daar is vir hulle geen hoop meer oor nie.
Die verlede is sleg, die hede ‘n nagmerrie, die toekoms donker.
Jerusalem is platgevee. Baie geliefdes is dood.
En terwyl Jeremia steeds profeteer word hy uitgelag.
Hy sê in Klaagliedere 3:18-20:
“Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here.
Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my;
as ek daaroor nadink draai my gedagtes vas.”

En dan staan Klaagliedere 3:20-21 daar:
“Máár, dít sal ek ter harte neem, en om dié rede bly ek hoop;
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;
daar is geen einde aan sy ontferming nie,…”
Die woord “maar” dui op ‘n groot wending!
Daar is verseker hoop! Hulle leef minstens nog!
Daar is nog steeds moontlikhede.
God het hulle gespaar en hulle deur die grootste krisisse denkbaar gelei.
Hy het dit deur sy liefde gedoen.
God is nie eens in hul skrikwekkendste omstandighede afwesig nie.
God se genade is orals te vinde, orals!
Midde-in dood, chaos en pyn, is God se genade te vinde.
Slegte omstandighede sê nie dat God weg is nie.
Sy genade vloei soos ‘n stroom wat lewe gee deur jou hele lewe.

Ernest