Verskillende dinge bring wanhoop en moedeloosheid in ons lewe.
Verlies:
Verlies in enige vorm. Dit kan ‘n geliefde wees, of iets wees.
Sinloosheid:
Het my lewe enige betekenis? Wat maak ek hier?
Hierdie vrae kan te midde van die grootste suksesse kom.
Ontnugtering:
Wanneer die goed wat jy gedink het vir jou gaan werk, nie werk nie.
Op ‘n dag het jy “alles” bereik, en ontdek jy is steeds onvervuld.
“When all you have ever wanted is not enough.”

Wat maak jy as jy geen uitsig meer het nie?
Wat maak jy as jy daarom in wanhoop en moedeloosheid verval?

Neem ‘n besliste besluit dat jy jou nie sal laat onderkry nie:
Die geestelike leier, Bill Hybels, sê: “It’s not going to be easy,….
but whatever you do – don’t quit”.
Al moet jy soos Martin Luther die duiwel met die inkpot gooi,
om sy “aanvegtinge” teen te staan. Moet nooit ooit opgee nie!

Kry perspektief op wat met jou gebeur:
Ons raak moeg en uitgeput omdat ons oorlaai is.
Selfs na groot oorwinnings waarvoor ons hard moes veg.
Soos Elia wat in depressie verval na sy stryd,
en oorwinning in God se krag, oor die Baälpriesters.

Verstaan dat God verstaan:
Al is jy in watter hulpelose situasie, God verstaan.
Psalm 88 gaan oor ‘n moedelose uitsiglose psalmskrywer.
God plaas dit in die Woord om ons te laat besef dat Hy verstaan.
En Lukas 12:30: “Julle het ‘n hemelse Vader wat weet wat julle nodig het”.
God sal jou aan jou hand déúr die krisis lei, nie om dit nie.
Dit is juis dáár waar die Here my in Hom laat groei!

God verstaan nie net nie, maar weet ook dít: Hy help beslis:
Soms verander God dadelik jou omstandighede.
Soms gee Hy deur die Heilige Gees vir ons geloofsoë om verder te “sien”.
Abraham kon sien en glo, selfs “toe daar geen hoop meer was nie” – Rom. 4:18.
God gee ook deur sy Heilige Gees innerlike krag, Ef. 3:18-19,
wat veral daar groei waar jy besef hoe lief God jou in jou krisis het.

Vertrou God in dit alles!
Dit is een van die beste maniere om aan Hom eer te bewys!

Ernest