God het in jou belê en het die verwagting
dat jy opbrengs sal lewer, vrug sal dra.
Om geleenthede hiervoor raak te sien, en dit te benut,
vra dat jy uit jou gemaksone sal klim.
Gemaksone sê presies wat dit is: Dit is gemaklik.
Die probleem is dat dit terselfdertyd verblindend en verslawend is.
Dit ontneem jou die lus en dryfkrag om nuwe moontlikhede aan te gryp.
Gemaksones kan materieël, fisiek, emosioneel,
en selfs godsdienstig van aard wees.
‘n Bybelse voorbeeld van iemand wat in sy gemaksone wou bly is Jona.
Hy vlug van Nineve en van God af weg, omdat hy net nie kan aanvaar
dat God ook die vyande van Israel genadig kan wees nie!
Jona kry daarom nie ‘n Godgegewe visie vir Nineve nie,
en sien die geleentheid wat God skep, nie raak nie.
Ons moet kopskuiwe doen oor God, die kerk, onsself, en die wêreld.
Hoe kan jy uit jou gemaksone kom?
Dink en doen nuut met die volgende:
Die gawes van God – saam met ‘n diep verhouding met God.
Teorieë – wat in die praktyk ‘n daadwerklike verskil moet maak.
Weg van spesifieke tradisie en denominasie, na ware kerkwees.
Weg van individualisme, na saamdoen en gemeenskap van gelowiges.
Weg van eensydige bestuur, na leierskap. Ons is “over managed and under lead”.
Weg van rykdom, na materieële armoede en geestelike rykdom.
Weg van klem op teologie, na die aanraak van stukkende lewens.
Weg van “weet”, na “nie weet nie”. Om te besef hoe min jy einlik weet,
en ‘n leerbare gees te ontwikkel om te bly luister en leer,
en om God te bid om meer en meer wysheid,
wat van Hóm af kom.
Ernest