Die Heilige Gees is die “Tussenganger” tussen God en ons.
Hy lewer God se Woord by ons af, en Hy lewer ons gebede by God af.
Rom. 8:26-27: “Die Gees self pleit vir ons.
En God weet wat die bedoeling van die Gees is.”
Die Heilige Gees is ook ‘n tolk.
Hy tolk God se Woord vir ons – Joh. 14:26.
Die Heilige Gees help ons om God te verstaan.

Die Heilige Gees vuur ons ook aan om God se wil uit te leef.
Ons sal krag van die Heilige Gees ontvang en God se getuies wees – Hand. 1:8.
C. S. Lewis sê: “If you think of the Father as someone “out there” in front of you,
and of the Son as someone standing at your side, helping you,
trying to turn you into another son,
then you have to think of the Holy Spirit as someone inside you,and behind you”.
Die Heilige Gees het gesorg dat Jesus die wye wêreld ingedra word,
deur sy woonplek in mense te kom maak.

Die Heilige Gees lei ons deur omstandighede.
Hy lei ons ook deur medegelowiges, deur die Woord, en deur gebed
Fil. 2:13 verwys na die Gees van God wat in jou werk.
Hy gee jou die begeerte om te doen wat Hy graag wil hê.
En dan gee die Heilige Gees jou ook nog die krag om dit te doen.

Ray Charles vra: “What is soul? It’s like electricity,
we don’t really know what it is, but it’s a force that can light a room.”
Dit is net ‘n “force” wat lig gee,
as die Gees jou siel aangeraak het!

Ernest