Baie keer voel ons soos Moses.
Ons sê ons praat moeilik, is bang, kan nie getuig nie.
Maar 2 Tim. 1:7-8 sê:
“Die Gees wat God ons gegee het,
vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie.”
‘n Bedelaar van Parys het sy tong verloor in die Tweede Wêreldoorlog.
Hy ontmoet toe ‘n klein dogtertjie wat in die bedelaarswêreld grootword,
en nog nooit van Jesus gehoor het nie.
Die bedelaar het ‘n brandende begeerte gehad
om Christus aan die dogtertjie bekend te stel.
Maar hy kon nie praat nie!
Eendag het hy saam met die dogtertjie in een van
die katedrale in Parys ingegaan.
Hy het vir haar die kriptoneel gewys ,maar sy het nie belanggstel nie.
Hy het die meisie aan haar hand gevat en vir haar die kruis gewys.
Maar die dogtertjie kon steeds nie begryp waaroor dit gaan nie.
Uit frustrasie het die bedelaar begin huil.
Toe begin hy uit woede sy mond slaan, omdat hy sy tong verloor het.
Skielik het die meisie uitgeroep: “Gigot! Hou op!”
En skielik was daar trane en nuwe lewenslig in háár oë!
Sy het van die krip, na die kruis, na die huilende bedelaar gekyk, en begryp!
Sy het verstaan ‘n Kind is gebore, moes aan ‘n kruis sterf,
en ‘n mens wat met vuur gevul is, wil dit vertel!
Die Heilige Gees het deur die passie van die bedelaar, sonder stem, gewerk!
Onthou, al wat God van jou verwag, is om te getuig.
Hy sal jou die boodskap gee,
en die Heilige Gees sal die oortuigingswerk self doen!
Ernest