“Aanvaar mekaar soos Christus julle ook aanvaar” – Rom. 15:7.
Hoekom moet ons mekaar eenvoudig aanvaar?
Want dit is presies wat Christus met ons gedoen het.
Dit is wat opregte liefde doen.
En ons kry nou die oprdag; om in liefde mekaar te aanvaar,
soos Christus ons aanvaar!
Die Here het nie gesê ons moet eers ‘n sekere standaard bereik,
voor Hy ons aanvaar en liefhet nie.
Hy het ons onvoorwaardelik lief en aanvaar ons soos ons is.
Maar Hy het ons ook so lief dat Hy juis daarna, deur sy Gees,
ons verander om meer en meer die beeld van Jesus te vertoon.
Liefde herinner ons aan mekaar se goeie dinge.
Gebrek aan liefde herinner ons aan mekaar se foute en gebreke.

William James, ‘n beroemde sielkundige, het gesê:
“The deepest principle of human nature is the craving to be appreciated”.

‘n Seun wat met ‘n geboortevlek oor sy gesig gebore is,
vertel dat hy so deur sy familie daarmee aanvaar is,
dat hy later op skool die jammer gekry het wat nie so ‘n vlek het nie!
Dit is die krag van aanvaarding.
Aanvaarding laat jou geliefd voel vir wie jy is,
en nie vir wat jy doen nie.

Don Dinkmeyer het gesê:
“The child benefits more from being valued than being evaluated”.
Dit geld natuurlik van alle mense, nie net van kinders nie.
“Aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar.”

Ernest