God is die God wat alles wat stukkend is kan en wil herstel.
2 Kor. 5:17 sê:
“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.
Die oue is verby, die nuwe het gekom.”
Lukas 19:10 het ‘n belangrike klem:
“Die Seun van die mens het immers gekom
om te soek en te red wat verlore is.”
Let op die woord “wat verlore is”.
Nie net “wie verlore is” nie.
Jesus ket gekom om te red en te herstel, wat ookal verlore is.
Dit kan dalk die seerkry van jou kinderdae wees.
Verliese deur dood of egskeiding.
Teleurstellings, verwerping, vernedering.
Jesus wil alles heel maak.

Jesus sê in Joh. 10:10:
“Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed”.
Die Griekse woord vir lewe beteken hier om te leef soos God leef.
So baie van ons lewe nie die lewe wat God vir ons beplan het nie.
Ons is angstig, bekommerd, en sonder vreugde en vrede.

God wil jou egter volkome heel maak, liggaam, siel, en gees.

Ernest