Nou is dit ‘n jaar voor volgende Kersfees! Maar:
“Moet nooit van Jesus Christus vergeet nie.
Koning Dawid was sy voorvader.
Hy was dood en God het Hom weer lewendig gemaak.
Dit is die kern van die goeie boodskap wat ek vir julle vertel.”
2 Tim. 2:8-9.
The Message sê dit treffend só:
“Fix this picture firmly in your mind:
Jesus, descended from the line of David,
raised from the dead.
It’s what you heard from me all along.”
Let op die woorde: “Fix this picture firmly in your mind…”
“Moet nooit van Jesus Christus vergeet nie…”

Jesus was nie ‘n storieboek karakter,
en nou wag ons weer ‘n jaar vir die mooi storie nie.
“Koning Dawid was sy voorvader” beklemtoon dit.
Jesus kom uit die geslag van Dawid, was hier gebore,
het hier geleef, doodgegaan, en opgestaan uit die dood!
Hoe kan ons leef dat ons Jesus nie vergeet nie?
Toe die beroemde Amerikaanse sielkundige, William James,
gevra is hy moet die woord “spiritualiteit”,
wat hy gereeld gebruik, verduidelik,
het hy gesê dat hy moeilik ‘n definisie kan gee,
iets wat die woord saamvat…en toe sê hy;
hy kan wys na ‘n persoon wat dit baie goed illustreer:
Phillips Brooks, die beroemde predikant van Boston….

Dit het sy gehoor laat besef dat óns nou die arms en bene,
hande, oë en ore van Jesus hier op aarde geword het.
Die lewende liggaam van Jesus Christus.
Mense moet Jesus in ons sien, beleef, ervaar,…..
Dan vergeet ons nie van Jesus nie….
Dan leef Hy in en deur ons.
Dan is dit elke dag Kersfees.

Ernest