1 Tim. 3:16:
“Oor een ding hoef ‘n mens nie te twyfel nie,
naamlik dat ons godsdiens nie iets is wat ons kon uitgedink het nie.
Dit was God se geheim en gaan oor Jesus:
“Jesus het mens geword en die Gees het dubbel en dwars beklemtoon
dat Jesus aan die regte kant staan.
Die hemelse wesens het Hom gesien,
sy boodskappers het al die nasies van Hom vertel,
en deur die hele wêreld het mense in Hom begin glo.
Hy is na God toe in die hemel waar almal kan sien hoe belangrik Hy is.”

Die Rosettasteen is ‘n klip, en is in 1799 in ‘n klein Egiptiese dorpie,
Rosetta, deur soldate gevind.
Op die klip was dieselfde boodskap in drie skrifte:
Kopties, Grieks, en in hiërogliewe.
So kon geleerdes die betekenis van hiërogliewe ontsyfer!
Richard Niebuhr het toe die beeld gebruik dat Jesus die Rosettasteen van geloof is.
As jy na Jesus kyk, verstaan jy Wie God is!
Dit is ook wat Paulus in bogenoemde teks sê.
Niemand het die lewe van die mens op aarde
so radikaal en volledig beïnvloed soos Jesus Christus nie.

Hy lééf in óns!
Dit is oorweldigend!

Ernest