Gister se boodskap, 1 Tim. 3:16 uiteengesit:
Ons godsdiens is “God se geheim en gaan oor Jesus”.
Ons godsdiens is nie iets wat deur mense uitgedink is nie.
“Jesus het mens geword…”
Jesus, die Seun van God, self God, was bereid om homself te verneder,
en mens te word, sodat mense al hoe meer en meer soos Hy kan word.
“…die Gees het dubbel en dwars beklemtoon dat Jesus aan die regte kant staan.”
Deur die kruisiging en opstanding wys die Gees vir almal dat Jesus die Seun van God is.
“Die hemelse wesens het Hom gesien…”
Die “hemelse wesens” dui aan dat Hy op hemel én aarde ‘n verskil kom maak!
“…sy boodskappers het al die nasies van Hom vertel…”
Niemand, maar niemand, is uitgesluit van die genadeboodskap van God in Jesus nie.
“…en deur die hele wêreld het mense in Hom begin glo.”
Die boodskap van verlossing loop soos ‘n veldbrand deur die wêreld, vandag nog.
Niemand kan dit keer nie, en Jesus se volgelinge groei steeds.
“Hy is na God toe in die hemel waar almal kan sien hoe belangrik Hy is.”
Jesus se gebeure “begin en eindig” in die hemel,
en Hy is Koning, van altyd af, en tot in ewigheid!
Ernest