Vir baie is Oujaar brandertyd, swemtyd,
bostyd, bergtyd, feestyd, danstyd!
Dit is ook vrede-tyd en onthou-tyd.
Dit is terugkyk-tyd, oordink-tyd.
Ons kan nie glo dit is die laaste dag van die jaar nie.
Ons dink terug aan storms, geroei om kop bo water te hou.
Ook aan hartseer en verlies.
Maar ook aan die seëninge en sorg,
en goeie wat ons van God ontvang het.
Groeityd waarin ons die lewe kon omhels het.
Ons kan nie altyd die getye van die jaar kies nie.
Maar ons kan kies hoe ons daaroor wil dink,
hoe ons daarop reageer,
en hoe ons daarmee gaan saamleef, vorentoe!
Ons kan kies om ons seile te span, en deur die krag van die Gees,
die “Wind” wat waai soos Hy wil, vorentoe te vaar,
saam met, of teen die wind. Maar steeds vorentoe!
Die stukrag van die Gees deurgaans in ons seile!
Dan kan ons met vertroue uitsien na die nuwe jaar!
Ons Verlosser, wat met Kersfees in doeke toegedraai was,
leef immers saam met ons, in ons, in die jaar wat voorlê.
“Julle lewe was vroeër nag!
Nou egter, deur julle verbondenheid met die Here,
is julle inderdaad die ene lig.
Lééf dus soos mense van die lig!” – Efesiërs 5:8.
Ernest